Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIO LIGA NUUS SONDAG 12 APRIL 2015

Goeiemore en welkom. Hier volg die SARL-nuus vir Sondag 12 Maart 2015 gelees deur..........(Naam; roepsein en QTH)
Jy kan elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd na 'n uitsending van die SARL-nuus in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels luister.
'n Teksweergawe van hierdie bulletins kan ook van die SARL webwerf,www.sarl.org.za afgelaai word en jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per epos te ontvang.

Daar is 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.

Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van `n stilsleutel.

Dit is met leedwese, dat SARL nuus die afsterwe van Harold Lange ZS1VW gedurende die afgelope Paasnaweek bekend moet maak. Harold was lid van die Kaapstad Radioamateur klub en het gedurende 1955 sy Morsekode eksamen geslaag. Ons betuig ons innige meegevoel met sy LV Alice, sy twee seuns, twee kleinseuns en baie vriende.

IN DIE NUUS VANDAG

SARL NASIONALE KONVENSIE EERSKOMENDE NAWEEK IN BLOEMFONTEIN.

REDES WAAROM KRAGUITSET NIE OP ALLE BANDE VERHOOG IS NIE

NUWE REGULASIES BAIE SPESIFIEK TEN OPSIGTE LOGBOEKE EN

HOEKOM IS SO MIN LOGSTATE VAN DIE AFGELOPE BHF UHF KOMPETISIE ONTVANG.

Bly ingeskakel vir hierdie en ander belangrikke nuus.


** Die SARL NASIONALE KONVENSIE vind eerskomende naweek plaas vanaf 17 tot 19 April in Bloemfontein. Daar is uiters min tyd oor. Het jy onthou om jou registrasievorm of jou volmagvorm in te stuur, as jy nie die konvensie gaan bywoon nie. Stuur onmiddellik jou registrasievorm aan en gee jou volmagvorm vir `n SARL raadslid. Vir enige verdere inligting, kontak Vonnie voor eerskomende Donderdag op telefoonommer 011-675-2393. Die volmagvorm is beskikbaar op die SARL webwerf. Voordat jy besluit om nie die konvensie by te woon nie, kyk eers na die baie interresante program wat aangebied gaan word. Dit is beskikbaar by www.sarl.org.za, en volg die skakels op die tuisblad.

** Die SARL het `n aantal opmerkings en vrae ontvang, waarom alle bande se uitsetkrag nie verhoog is, tot 30 dBW in die pas gepubliseerde nuwe Frekwensie Spektrum regulasies nie. Een van die redes is byvoorbeeld, op die 10 MHz band, deel amateurradio die band met nie-amateur gebruikers, en mag amateurs nie hier steurings veroorsaak nie. Amateurs moet dus steurings aanvaar, wat deur ander gebruikers op die 10 MHz band veroorsaak word. Op die 40 MHz band het amateurs die gebruik van `n 10 kHz bandwydte. Hierdie band is toegewys vir seinvoorplantings navorsing.

Op die 70 MHz en verskeie ander hoë frekwensiebande, is amateurradio `n sekondêre gebruiker. `n Ander verwysing wat gebruikers verwar, is die term “co primary”. Dit beteken dat Radio-amateurs die band deel, met ander primêre gebruikers maar kan op geen beskerming aandring, sou die primêre gebruikers steurings veroorsaak.

** Die nuwe regulasies is ook baie spesifiek ten opsigte van die hou van `n logbook, vir kontakte wat op HF gemaak word. Punt 16 en 17 van Regulasie 23 spesifiseer wat aangeteken moet. Mobiele HF kontakte, BHF en UHF kontakte hoef nie aangeteken te word nie. `n Elektronies logbook is aanvaarbaar.

a)Datum ,tyd en aard, van elke kontak, op voorwaarde dat die datum net eenkeer per dag aangeteken moet word, en vir die doel van die paragraaf “die tyd van elke kontak” sal beteken, die tyd wanneer `n stasie geroep is en die tyd wanneer die kontak beëindig is;

b)die naam en adres van die persoon wie die kontak maak, op vorrwaarde dat die naam van die lisensiehouer, wie die gereelde gebruiker is van die amateurradiostasie, nodig is om net eenkeer in die logbook aangebring te word, met spesifieke verwysing, dat alle uitsendings deur die lisensiehouer gemaak was, behalwe waar anders vermeld word;

c)die roepsein van elke stasie, behalwe dat dit nie nodig is vir kontakte wat met dieselfde gemaak word gedurende die tydperk van die kontak nie;

d)kraguitset wat gebruik word;

e)die frekwensieband wat gebruik word moet net eenkeer aangeteken word behalwe waar daar na `n ander toegekende frekwensie oorgeskakel word; en


f)die adres van waar die uitsending gedoen word, op voorwaarde dat dit net eenkeer aangeteken word, sou daar nie van plek verwissel word nie.

Jy luister na `n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse radioliga.

** Hier volg `n baie belangrike aankondiging. Die sluitingsdatum van die Mei Radioamateureksamen is uitgestel na 19 April 2015. Alle Radioamateureksamen lektore en eksaminators word versoek om studente te herinner, dat alle dokumente behalwe vir die HF assessering sowel as alle betalings, die SARL moet bereik voor of op 19 April 2015.
`n Aantal kandidate het verskeie bladsye van die aansoekvorm nie volledig voltooi nie. Dit kan veroorsaak dat jy nie toegelaat sal word, om die eksamen te skryf nie. Voltooi dus alle bladsye volledig.

** Uitslae van die afgelope BHF / UHF kompetsie wat gehou was op 21 en 22 Maart 2015.

11 logs was ontvang en 210 kontakte was gemaak. Van die 210 kontakte was daar 55 gemaak op FM. Wat het van die ander logs geword?

Basisstasie Analoog
1steZS6CBQ Carl Minne 52 501 punte.
2de ZS6NEB Niel Bierman 26 251 punte.
3de ZS6BFD Koos du Plessis 11 754 punte.

Klub multioperateur Veldstasie.

1ste ZS4/ZS6WT 67 370 punte.
2de ZS6PTA 18 268 punte.

Basisstasie Analoog (4 uur beperking)

1ste ZS6UD Dave Dusseljee 5 600 punte.
2de ZS6KSG Koos Greyvenstein 4 120 punte.

6M
1ste ZS4/ZS6WT 2 972 punte.
2de ZS6PTA 1 254 punte.

2M
1ste ZS4/ZS6WT 54 192 punte.
2de ZS6NEB Niel Bierman 23 136 punte.
3de ZS6CBQ Carl Minne 22 308 punte.

70cm
1st eZS6CBQ Carl Minne 24 010 punte.
2de ZS4/ZS6WT 10 206 punte.
3de ZS6PTA 4 886 punte.

23cm
1ste ZS6CBQ Carl Minne 6 183 punte.
2de ZS6NEB Niel Bierman 1 197 punte.
3de ZS6PTA 630 punte.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek AR2320 het 'n onstabiele "delta-klas" wat genoeg energie vir M-klas fakkels huisves.
Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 58 vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen.
Amateurs kan veral laatmiddag goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** DAGBOEK VAN GEBEURE
17 tot 19 April – SARL konvensie in Bloemfontein.

18 April – Wêreld Amateurradiodag.

19 April – Sluitingsdatum vir die Mei RAE registrasie.

Om die bulletin mee af te sluit,`n terugblik op ons hoof nuusitem.

** Bespreek onmiddellik vir die SARL se Nasionale Konvensie wat deur die Bloemfontein Amateurradioklub in die stad van Rose, vanaf 17 tot 19 April 2015 aangebied sal word en onthou asseblief om jou volmagvorm vir `n SARL raadslid aan te stuur. Onthou een van die doelwitte van die Nasionale Konvensie is om die begroting vir 2015 / 2016 goedgekeur te kry. Dit kan net gedoen word indien daar 10% lede teenwoordig is. Die kworum kan alleenlik verkry word deur fisiese bywoning of deur volmagvorms aan bywoonende lede te gee.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die “newsinbox” skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat saamgestel is deur Johann du Plessis, ZS6PSS, geredigeer is deur Flip Britz, ZS4GE en gelees was deur ............

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003